Bevrydingskursus 1
Hierdie kursus bestaan uit 8 modules wat aangebied word in 2 uur sessies oor ‘n 8 week periode.
Die kursus word hoofsaaklik aangebied deur Serah van der Merwe (bygestaan deur Carol-Ann le Roux en die res van die Miga bedieningsspan). Die doel van hierdie kursus is om wedergebore Christene te help om self geestelik en emosioneel deur te breek en om hul toe te rus om ander gelowiges te kan bedien volgens 2 Kor 1:4 “…wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.”
Die temas wat aangeraak word tydens hierdie basiese kursus sluit in:
- Kan ‘n wedergebore christen gebind wees?
- Emosionele Herstel
- Persoonlike Profielontleding
- Voorgeboortelike Reaksies & Geboorte Trauma
- Sonde, Oortredinge en Ongeregtighede
- Geestelike Oorlogvoering & Oorwinningswapens
- Outoriteitsposisie in Jesus Christus
Kursus datums vir 2026 *
- Kwartaal 1: 3 Februarie - 24 Maart
Oggend en Aand Kursus
- Kwartaal 2: 21 April - 9 Junie
Oggend Kursus en Aand Kursus
- Kwartaal 3: 28 Julie - 15 September
Oggend Kursus en Aand Kursus
- Kwartaal 4: Geen
Kursusse word aangebied op Dinsdae aande om 18h00 tot 20h00 in die 1ste Kwartaal, asook Dinsdae oggende 9h00 tot 11h00 in Kwartaal 1,2,3.
Koste is R1 200 per persoon per kursus - klik hier vir meer inligting.
Om te registreer klik hier.
* Neem asb kennis dat kursusdatums is onderhewig aan verandering maar sal bevestig word tydens bespreking.
Bevrydingskursus 1 is in Afrikaans op USB beskikbaar. Koste is R450 per stel. Die usb het 'n handleiding in drukbare pdf formaat saam met die kursus opnames ingesluit + R130 posgeld. Kontak Carol-Ann by 072 685 9299 of e-pos info@miga.co.za om 'n bestelling te plaas. Stuur asb vir ons U naam, adres en kontak besonderhede en maak 'n inbetaling in ons bankrekening met U naam + USB as verwysing. Stuur Bewys van betaling na info@miga.co.za. - Klik hier vir bankbesonderhede.