Bevrydingskursus 2
Bevrydingskursus 2 word as halfdag sessie op 'n Saterdag van 09:00 tot 14:00 aangebied.
Hierdie kursus word aangebied deur Serah van der Merwe en ander in die Miga-span.
Die temas wat aangeraak word tydens hierdie kursus sluit in: Misleiding in die Kerk - Geheime Organisasies.
Die doel van hierdie kursus is om vir die Here ‘n toegeruste volk te berei volgens Efesiers 4:11-16:
“En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde."
Kursus datums vir 2026*
- Kwartaal 1: Geen
- Kwartaal 2: 09 Mei
- Kwartaal 3: 15 Augustus
- Kwartaal 4: Geen
Koste is R550 per persoon per kursus - klik hier vir meer inligting.
Om te registreer klik hier.
* Neem asb kennis dat kursusdatums is onderhewig aan verandering maar sal bevestig word tydens bespreking.