Persoonlike Bediening

Miga Bybelse bediening

 

Persoonlike sessies na die afloop van die kursus stel kursusgangers in staat om persoonlike trauma en behoeftes geidentifiseer voor en tydens die kursus te hanteer.  

As gevolg van jarelange trauma en negatiewe persepsies, word emosionele wonde gevorm wat skanse en vestings genoem word. Hierdie skanse en vestings kan probleme veroorsaak soos ‘n onvermoë om liefde te ontvang of gee, ‘n onvermoë om die kinderdae te onthou, gevoelens van skaamte en skuld, en probleme om woede te ervaar of te toon.

Dit is waarna Paulus verwys in 2Kor 10:4–5 "…om vestings neer te werp terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God en elke gedagte gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus.”

Deur die werking van die Heilige Gees, in die Naam van Jesus Christus en deur die bloed van Jesus Christus van Nasaret vind innerlike genesing plaas sodat die skrif in vervulling kan kom in Lukas 4:18-19   “ Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.”

Miga Bediening beskik oor ‘n span opgeleide geestelike werkers wat beskikbaar is om elke kursusganger persoonlik te bedien. Persoonlike bediening vind onder leiding van die Heilige Gees plaas by die Migasentrum.

Koste van persoonlike sessies beloop R550.00 per sessie en is betaalbaar voor of tydens die afspraak, klik hier vir ons bankbesonderhede.

Kontak ons gerus op die volgende nommers vir navrae rakende persoonlike afsprake:

     Carol-Ann le Roux:                   072 685 9299

     Serah van der Merwe:              082 873 5749

of stuur 'n e-pos navraag aan ons: