Welkom by Miga Bediening
MIGA Bediening is ‘n interdenominale Christelike bediening:
- Miga stel dit ten doel om die heiliges in die Naam van Jesus Christus van Nasaret en deur die werking van die Heilige Gees toe te rus vir hulle dienswerk in die Here se arbeidsveld.
- Die doel van hierdie Gees van die Deurbreker Bediening is om wedergebore Christene toe te rus om praktiese Christenskap uit te leef, geestelik en emosioneel te herstel om sodoende ‘n deurbraak in hulle geloofslewe te bewerkstellig.
- Ons vertrou dat hierdie bediening daartoe sal bydra dat elkeen volkome in die oorwinning, gesag en krag van God drie-enig funksioneer sodat Hy verheerlik mag word.
Is jou begeerte na persoonlike geestelike deurbrake en emosionele herstel?
Voel jy dat jy nie deurbreek in jou persoonlike verhouding met God nie?
Is jy altyd besig om dieselfde geestelike vure dood te slaan?
Lees meer oor een van Miga se verskeie kursusse wat hierdie vrae openlik aanspreek: klik hier!
Lukas 4: 18-19
Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenis vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.